book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Kersfeessamesyn: dekor en smulresepte

akkreditasie
Kersfeessamesyn
Kersfeessamesyn

Maak jul eie bekostigbare versierings van papier, plante, hout en bokse. Gebruik twee ou bokse om ’n huisie uit karton te bou. Sny ’n deur en vensters in die boks en versier dit met ’n goue en swart viltpen, wit bordkryt en kantlint.

Hou by een kleurskema wanneer julle versierings vir die Kersboom maak. Gebruik papier of karton. Hier het ons ’n diamant-, driehoek- en sirkelvorm gesny en ook ’n doilie omgevou. Sny ten minste drie van elke vorm sodat jy die agterkante teen mekaar kan vasgom om dimensies te skep. Laat kinders patrone daarop teken. Soek vere en takke in die tuin. Moenie van jou koskas vergeet nie. Span pastastrikkies in om Kersboomversierings te maak.

Versier jou pakkies met eenvoudige elemente wat jy maklik en goedkoop kan kry of reeds in die huis het. Maak gebruik van bruinpapier, plante, takke in kranse gevou, tou, doilies en selfs ou stukkies kant. Betrek die kinders by die versiering van die geskenkpakkies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees