Jy weet ’n kinderboek is goed as dit al 30 jaar lank te koop is. Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het deur die Duitser Werner Holzwarth is wêreldwyd ’n treffer. Dalk het jy gelag toe jou ma dit vir jou gelees het; nou’s dit jou beurt om dit vir jou kinders te lees. R130, Human & Rousseau