book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Kinderboeke: Trots op ons taal

akkreditasie
Leeshoekie
Leeshoekie

Ken jy iemand wie se kind fantasties kan lees? Vra gerus uit ... die kans is goed dis omdat die kind al aan Tippie blootgestel was. Die Leer my Lees met Tippie die Olifant-reeks is in 2014 bekendgestel en Vlak 1 is al 15 keer herdruk! Daar het al 60 titels verskyn.

Die skrywers, Jose Palmer en Reinette Lombard, ken hul storie en het jare se ervaring met kinders wat met lees sukkel ingespan om die materiaal te skep. ’n Stel met 10 boeke kos R390. LAPA-uitgewers gee dit ook in Engels en ander plaaslike tale uit. ’n Tippie-knuffeldier is ook binnekort te kry.

Die Ouma Hester-boeke is op nege- tot 12-jariges gemik, maar jy kan mos maar solank aan jou kind se toekomstige biblioteek begin bou en SA talent ondersteun. Die lekker lawwe reeks is geskryf deur Janie Oosthuysen. R135-R145 elk, Human & Rousseau.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees