book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Kinderpartytjie: Baas van die plaas!

akkreditasie
Die vanieljekoek met besonderse fyn detail is deur Maryna Malan gebak. Sy bak reeds jare lank die Kerr-kroos se koeke. Al die blikbekers en stewels het mooi by 
die restaurant se houtstoep 
en -bankies gepas.
Die vanieljekoek met besonderse fyn detail is deur Maryna Malan gebak. Sy bak reeds jare lank die Kerr-kroos se koeke. Al die blikbekers en stewels het mooi by die restaurant se houtstoep en -bankies gepas.

Van links: Die verjaardagman, Maryna (31), pa Henry (29) en ouboet Kian (6).
Die baas van die plaas: Jandré Kerr.
Om die plaasgevoel te bewaar wou Maryna nie te veel dekor hê nie.
Die tafel is met speelgoeddiere versier.
Dié spookasem het kompleet soos skaapwol gelyk.
Daar was geen einde aan die eetgoed nie – hier word lekkergoedappelkose en Oreo’s bedien.
Elke gas het ’n kolwyntjie, sap en ’n emmertjie met eetgoed ontvang. Die emmertjie was vol skyfies en lekkers gepak.
Die Kerr-boeties hou saam partytjie.
Soutstokkies in ’n emaljebeker het as gras gedien.
Slim etikette soos dié was oral te sien. Die hooibale was Rice Krispies-koekies wat in blokkies gesny was.
Fyn besonderhede soos hierdie fudge toegedraai in papier met ’n koei op geteken, die baksteen en ’n speelgoedkoei het die plaastema deurgedra.
Soetkoekies in die vorm van skape, perde, varke, eende en koeie het die tafel versier.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees