book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Kinderpartytjie: Vrugtevolle dag

akkreditasie
Lienka van Rensburg by die pragtige tafel met eetgoed.
Lienka van Rensburg by die pragtige tafel met eetgoed.

Die verjaardagnooi.
Die tafel het onder die lekkernye gekreun. Alles was in pastelkleure om by die tema te pas. Lienka se ma, Ezalle, het die idee vir die partytjie op Pinterest gekry. Sy sê Lienka is ’n vriendelike, sagte mensie. “Daarom wou ek die vrugte vriendelik maak met sagte kleure wat by haar persoonlikheid pas.”
Ezalle se vriendin en kollega Nadia Wigget van Creative Heroes het met die skryfbehoeftes gehelp. Sy maak vir elke verjaardag van Lienka ’n bord met inligting oor haar lewensjaar wat verby is. Dit sluit in haar gewig, lengte, die dinge waarvan sy hou en wat sy al kan doen.
Pa Jasper, Ezalle en Lienka.
Die partytjiepakkies was boksies van die Oriental Plaza wat met lint, ’n suigstokkie en ’n kaartjie met elke maatjie se naam op versier is. Omdat daar so baie lekkergoed op die tafel was, was die boksies se inhoud gesonder: ’n kaasskyfie, droëvrugte, vars druiwe en ’n sappie.
Lienka het die fotosessie, die koek en lekkers die meeste geniet, asook die feit dat sy een hele dag net vir haarself gehad het, vertel ma Ezalle.
Ouma Lizelle de Bruyn het dié koekies met die vriendelike gesiggies en sagte kleure geprakseer. Ezalle sê haar ma is baie kreatief en sy maak sedert Lienka se geboorte vir elke spesiale geleentheid iets.
WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder-of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus 'n e-pos met foto's van 'n goeie gehalte en 'n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za.
Foto’s: D’amor Photography, Damorphotography.co.za; Stilering/Dekor/Blomme: Myrtle Floral Design & Styling, Myrtlefloraldesign.co.za; Skryfbehoeftes: Creative Heroes, Creativeheroes.co.za; Koek & koekies op ’n stokkie: Mmm Macarons, Mmmmacarons.co.za; Ontmoetingsplek: EnGedi, Engedi.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees