Die dubbellaag-sjokoladekoek is met hondemaats versier en met Astro-balletjies gevul.
Elke maat het ’n swartbord as geskenk ontvang. Die beenvormige swartborde het ook as versiering vir die tafels gedien.
Die stalletjies op die kinders se vlak was ’n goeie plan, want die kleingoed kon hul eie happies gaan haal.
Janlu en ouboet Handrè se gunsteling-lekkergoed het ’n ereplek gekry.
Baba Luan was op ’n maand oud die jongste gas by die partytjie. Sy boeties het daarop aangedring dat hy sy eie stoel en bypassende klerepakkie kry. Ma Leanne moes hom vyf minute lank help sit tot Janlu al die kersies doodgeblaas het.
Pa Thomas en ma Leanne Bartleman by ouboet Handrè (5), die verjaardagman (2) en kleinboet Luan Bartleman (1 maand).
Die prettige lekkergoedboksies het baie aandag getrek omdat die hondore beweeg wanneer die toutjies getrek word. Binne-in elke boksie was skyfies, ’n Chomp, malvalekkers, Smarties en ’n Fizzer.
Die maatjies het te lekker geëet en gesels. Lujah Visser (5) is een van Handrè se beste maats en geniet hier die eetgoed terdeë.
Daar is te lekker tussen die plastiekballe baljaar. Paul Kotzé (2) is ’n maat van Janlu.
Stalletjies het van die lekkernye gekreun. Hangvlaggies, knuffelhonde, kunsgras en bosse groen loof in emmers het ’n feestelike atmosfeer geskep.

WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooie­­vaars­partytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za