book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Kreatief met kamers

akkreditasie
Yulande Roxburgh
Yulande Roxburgh

Ek is in die kunste opgelei, spesifiek in beeldhou. Ek het destyds ’n ingenieur ontmoet en ons het saam kinderbeddens begin ontwerp. Ons moes die beddens iewers verkoop, en ek het toe ’n programmeerder aangestel en Clever Little Monkey (CLM) as ’n e-winkel begin.

Ek onthou nog hoe ek met ’n inbel-internetverbinding die eerste weergawe van die webblad opgelaai het! Ons het begin met ’n bed- en speelgoedreeks en kort daarna het ek begin om beddegoed en dekor van ander Suid-Afrikaanse ontwerpers te kry. Die webblad het gegroei, ek het my eie fabriek oopgemaak en toe het ek Janine Pedersen ontmoet wat my IT-vennoot geword het.

Ons het CLM sedertdien al vyf keer herbou tot wat dit vandag is. ’n Bietjie handelsnaamvernuwing en konstante herontwerp verseker dat ons in pas met die nuutste neigings bly.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees