Jy benodig

  • 1 500 x 400 x 800 mm boks
  • mes
  • dik kleefband
  • gom
  • Prestik
  • foelie
  • Wondercover se Checker Plate (te kry by hardewarewinkels)
  • twee swembadpype van 1 m lank elk
  • vier leë toiletpapierrolle
  • een gekleurde lamp
  • helderkleurige wasgoedlyn
  • een kan silwer sproeiverf
  • een vel sagte sponsplastiek (word gewoonlik as verpakkingsmateriaal gebruik)
  • een dik, swart merkpen
  • een swart spons
  • swart, glyvaste plakkers, vierkante en sirkels

Maak so

1. Sny ’n gat aan die bokant van die boks sodat jy jou kleuter se gesig kan sien. Sny twee ronde gate aan die kante waardeur die pype kan pas, maar moet dit nog nie insit nie.

2. Maak die boonste boksflappe met kleefband toe en bedek die hele boks met foelie. Plak ’n stuk van die Wondercover Checker Plate oor die laer helfte van die boks.

3. Sproei die toiletrolle en plastiekpype met silwer sproeiverf en laat dit droog word. Plaas die pype in die gate en plak dit met kleefband vas. Sproei die swart spons ook met die silwer sproeiverf om dit ’n glinstering te gee.

4. Sny ’n stuk wasgoedlyn sodat dit net korter as die breedte van die boks is. Gebruik die gom of kleefband om die toiletrolle twee-twee aanmekaar te sit. Maak dan ’n gat op die twee boonste toiletrolle en trek die wasgoedlyn deur. Maak ’n knoop aan die binnekant om dit in plek te hou. Plak die finale produk bo-op die boks.

5. Gebruik ’n groot stuk Prestik en plak die lampie in die middel van die robot se kop.

6. Maak ’n skerm en sleutelbord met die sagte sponsplastiek en plakkers.

7. Gee jou robot ’n nommer en teken ’n grafiek