book-icon Uitgawe Paasfees 2018

Kunsvlyt vir Paastyd

akkreditasie
Kunsvlyt vir Paastyd
Kunsvlyt vir Paastyd

Paasfees hoef nie net oor sjokolade-eiers en wegsteekspeletjies te gaan nie. Gebruik vanjaar die ledige ure in die vakansie en Paastyd om kunsvlytprojekte vir jonk en oud aan te pak. Hier is aktiwiteite wat jy op jou eie kan beproef om jou kinders later mee te vermaak, en wat hulle saam met jou kan aandurf. Kry die verf en gom gereed en geniet die gespoeg-en-plak. Die projekte is ook ideaal vir ’n Paas- of kinderpartytjie.

JY HET NODIG
Dik papier in verskillende kleure, plastiekogies, skêr, gom en ’n viltpuntpen

MAAK SO
Knip ’n strook papier wat perfek om die toiletrol pas en plak dit met die gom in posisie. Knip twee repies karton vir die ore. Plaas dit op mekaar en plak die twee punte aan die een kant aan mekaar vas. Vou nou al twee stroke in die helfte sodat elke “oop” punt buitentoe wys. Dit is jou ore. Plak dit aan die binnekant van die toiletrol vas. Teken met die viltpen ’n haasgesig op die rol. Knip tande wat op die mondjie pas uit die wit papier en plak dit en ook die hasie se plastiekogies op.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees