Vanaf 1 November is Baba & Kleuter ook aanlyn te lees, by ons nuwe tuiste op Netwerk24.

Omdat al meer mense aanlyn lees en ouerskapinligting aanlyn soek, is dit vir ons heerlik om dit nou ook in digitale formaat vir julle te bring.

Hierdie tydskrifinhoud is net beskikbaar as jy ’n intekenaar van Netwerk24 is, wat nou die digitale bymekaarkomplek is van voorste Afrikaanse tydskrifte.

Saam met Baba & Kleuter kan jy dan ook as Netwerk24-intekenaar vir R99 per maand Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry&Sleep, Landbouweekblad, Finweek, TV Plus en SA Jagter lees. Plus jy kry elke dag se Beeld, Die Burger en Volksblad, Sondag se Rapport en 30 gemeenskapskoerante soos TygerBurger, Paarl Post, Weslander, Kalahari Bulletin en Vrystaat. En natuurlik ook heeldag lank brekende nuus, politieke kommentaar en ontledings, sport, vermaak, sakenuus en raad oor jou geldsake deur Netwerk24 se landwye verslagspan.

Nou wil baie van julle weet wat dan van die stories wat julle tans hier kan lees - stories wat nie in die papiertydskrif is nie, maar wat tot dusver gratis op ons webwerf te kry was? 

Die goeie nuus is dat daar wel ook steeds elke dag gratis inhoud gaan wees vir lesers om te geniet, dalk net nie meer so baie soos in die verlede nie. Jy sal dadelik sien watter stories gratis is, want daar sal ’n oop slotjie bo-aan die storie wees om te wys dis nie net vir intekenare nie.

Hoe lees intekenare dus vanaf 1 November die papiertydskrif op Netwerk24? Daar gaan ’n blokkie bo-aan ons webwerf wees wat s? Tydskrif. As jy daar gaan klik, kry jy die stories in ons jongste uitgawe in webformaat – dieselfde woorde en inhoud as op papier, net met ’n ander uitleg om dit maklik te maak vir jou om op jou rekenaar, tablet of selfoon te lees.

Of jy kan op E-tydskrifte klik en dan sal dit jou neem na ’n digitale biblioteek waar jy die jongste uitgawe kan lees presies net soos wat dit op papier lyk, met dieselfde uitleg en alles.

Ons sien uit daarna om die ouerskapsraad wat ons al vir 18 jaar vir ons lesers gee, nou ook op nuwe maniere vir julle te bring.

Groete

Helen