book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022
Deel

Leesboekies vir jou kind se boekrak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Leeshoekie
Leeshoekie

As jy ’n ma is, sal jy saamstem dat waardes en lewenslessies van ’n ander party soms beter by die ore ingaan as jy wat heeldag soebat. Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels bevat sommer ’n hele klomp waardes en lewenswyshede. Elke dierverhaal is prettig en sluit op die een of ander manier ’n lewenswysheid in.

Dit word op ’n eenvoudige manier aangebied sodat jou kind die waardes waarvan hy in die boek lees, in sy alledaagse lewe kan toepas. “Donkie se lang pad dorp toe” leer dat ’n mens nie almal tevrede kan stel nie, “Vlermuis, Braambos en Seemeeu” se lessie is weer dat jy moet waardeer wat jy het en in “Muggie sien kans vir Leeu” leer jou kind dat niemand ooit so sterk is dat hy nie kan verloor nie.

Dis ’n pragtige leesboek met meer as genoeg stories om jou kind ure lank besig te hou. Dit is geskryf deur die Suid-Afrikaanse Wendy Maartens en die kleurryke, vrolike illustrasies is deur Shayna Olivier. Lapa Uitgewers, R190.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees