book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Lekker, lekker Lees

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy ’n nuuskierige agie vir ’n kind het, is hierdie boek net vir hom of haar. My ensiklopedie van baie belangrike dinge is vir vyfjariges en ouer geskik. Dis vol feite wat jou kind help om die wêreld ’n bietjie beter te verstaan. Daar’s interessante temas soos diere, mense, planete, woestyne, vastelande, Vikings, farao’s en tale. Die temas word met treffende illustrasies, foto’s en eenvoudige teks uiteengesit. Lapa Uitgewers, R300.


Jy soek jou dalk lam na die krokodil in Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie, maar jy ontmoet darem genoeg ander bekende sprokieskarakters, van Aspoestertjie, Gouelokkies, die drie beertjies en Rooikappie tot Jan se boontjierank ... Dis ’n lekker lawwe storie en Jaco Jacobs se skreeusnaakse rymende teks sal ’n gegiggel waarborg. Die illustrasies is deur Chris Venter. Die boek is geskik vir driejariges en ouer. Lapa Uitgewers, R130.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees