Jy het nodig

  • Sowat 100 ml kunsvlytgom (deurskynend, wit of met blinkertjies)
  • Voedselkleursel
  • Blinkertjies as die gom dit nie bevat nie
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • Soutoplossing

Maak so

1. Meng die gom, kleursel en blinkertjies.

2. Voeg die koeksoda by en roer goed.

3. Voeg die soutoplossing bietjie vir bietjie by tot dit ’n slym vorm. Hou op voor dit te loperig is.

4. Laat dit ’n rukkie staan voor julle daarmee speel.