’n Gril-fees!

akkreditasie
Moeg vir verjaardagpartytjies waar almal fyntjies as prinse en prinsesse optof? Hou dan ’n slag ’n grieselige gril-en-ril-partytjie – veral seuntjies sal dol wees daaroor. Goggas, slakke en ander slymerige gediertes is ook welkom, alles genoeg vir ses ...

Kewer-kolwyntjies

Hou 12 gaar kolwyntjies gereed.

Meng 500 g sagte botter en 500 ml (2 k) versiersuiker goed tot dit lig en wit is. Verdeel die ver-siersuikermengsel tussen vyf bakkies. Kleur die inhoud van elke bakkie in ’n ander kleur met voedsel-kleursel. Skep sowat die helfte in vyf afsonderlike klein spuitsakkies of toebroodjiesakkies waarvan die voorpunte afgesny is, elk vir ’n ander kleur.

Maak die kewer se lyfie:

Sny die bokant van elke kolwyntjie met ’n tandjiesmes af. Smeer 1½ eetlepels van die versiersuikermengsel op die plat deel van die kolwyntjie. Gebruik jou verbeelding: Kies dalk groen vir onder en bruin vir bo-op.

Maak die vlerke:

Sny die afgesnyde bokant van die kolwyntjie in die helfte. Plaas die twee helftes op die “lyfie”. Laat slegs die bokante raak sodat dit lyk asof die vlerke oop is. Laat in die yskas set vir ongeveer 30 minute. Gebruik ’n paletmes om die vlerke met die gekleurde versiersel te bedek en die versiersuiker in die sakkies om patrone op die vlerke te maak.

Maak die kop en voelers:

Maak met ’n tandestokkie twee gaatjies aan die bokant van 12 jellielekkers. Druk dan ’n stukkie drop in elke gaatjie. Gebruik die versiersuiker as gom om die kewer se kop vas te sit.

Gril-en-ril-speletjie

Dié speletjie sal veral seuntjies laat gil van plesier. Vul ’n reuse-skottel met groen jellie en steek ’n paar speelgoed-verrassings binne-¬in weg. Elke ou kry ’n beurt om geblinddoek in die slym na skatte te gaan soek!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees