book-icon Uitgawe Oktober & November 2017

’n Fees van dino’s

akkreditasie
Dié ou lyk darem gans te vriendelik vir ’n tirannosourus! Die suikerversierings is deur mmm Macarons (mmmmacarons.co.za) van Pretoria gemaak.
Dié ou lyk darem gans te vriendelik vir ’n tirannosourus! Die suikerversierings is deur mmm Macarons (mmmmacarons.co.za) van Pretoria gemaak.

Pa Brendon en ma Melissa Bredenkamp met die verjaardagseun, Oliver, en kleinsus Anouk.
Oliver het self op die dinosourus-tema besluit. Melissa sê hy was vol idees vir die dag en het gehelp om mooi dinosourusse te koop en te verf. “Maar die heel belangrikste vir dié klein suikertand was die koek en hy het heerlik daaraan versier,” sê Melissa.
Al die skryfbehoeftes is ontwerp deur Mona Schoonbee, ’n vriendin van Melissa.
Die tafel is versier met dinosourusse, koekies en makrolletjies.
Hierdie oulike dinosourus-plantjies was van die dekorelemente wat self gemaak is. Melissa sê Pinterest is die beste plek om vars en stylvolle idees vir partytjiedekor te vind.
Melissa het van die begin af gemeen ’n turkoois-en-oranje-kleurskema sal goed werk en sê dit het pragtig gepas by die groen van die blare en vars plante. Die blare bo die tafel skep ’n oerwoudatmosfeer. Die grasstrook op die tafel is van ’n vorige partytjie herwin. Hulle het die tafels en stoeltjies verlede jaar gerestoureer en weer vir dié partytjie gebruik. Ouma Belita van der Westhuizen het die dino-sterte gemaak wat om die stoeltjies gebind is.
Die makrolletjies en handgeverfde koekies is ook die handewerk van mmm Macarons.
Elke boksie het ’n klein worsbroodjie en lekkernye bevat. Groot houers speelklei is tussen kleiner deursigtige houertjies verdeel en elkeen het ’n dino binne-in gekry. Gaste kon dit huis toe neem. Die maatjies het ook met huistoegaantyd ’n dinosourus-prentjie met ’n inkleurkryt gekry en daar was ’n mandjie met dinosourusse waaruit elkeen een kon kies om “aan te neem”.
Foto’s: Alicia Landman Photography (alicialandman.co.za)

Wys vir ons

As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na joanita.cillie@media24.com.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees