Ida en Casper (28) het dié buitelugkerkie gebou en dit reg rondom met blomme en lap versier. Inke is gedoop met water uit die Jordaanrivier in Israel.
Om by die natuurskoon-tema te pas, het die Krugers vir elke gas ’n potplant as geskenk gegee.
Casper hou sy dogtertjie vas terwyl sy gedoop word.
Bottels water is met laventel, waatlemoen en lemoen-en-peperment gegeur.
Vars vrugte, kase, brode, slaai en lasagne is as middagete voorgesit.
Ma Ida Kruger (27) en Inke. Inke se dooprok was ’n antieke styl rok wat met die hand gemaak is. Sy dra ’n silwerarmbandjie waarop haar naam uitgesny is, en op haar kop is ’n rosekrans wat haar ouma gemaak het.
Casper en Ida het die onthaaltafel self aanmekaargesit. Hulle het ou planke en bale as sitplek gebruik. Een lang blomrangskikking in die middel van die tafel het besonder stylvol gelyk.
Die vanieljegeur-kolwyntjies is versier met die pragtigste suikerblomme in sagte pastelkleure.
Die vanieljegeur-kolwyntjies is versier met die pragtigste suikerblomme in sagte pastelkleure.
WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkeuter.com.