Hierdie pragtige koek is deur Ella’s Cakes and Sugar Art gebak.

Foto's: Mick Creative

Angelique het die houttafel, wit kussings en kombersies (waarop die maatjies gesit het) by Landa se Goed in die Paarl gehuur. Die wit was treffend saam met die verskillende skakerings van groen.

Angelique is ’n grafiese ontwerper en het dié oulike uitnodiging ontwerp.

Die partytjieboksies is gevul met ’n pakkie Flings-skyfies, stokkielekker, Chomp, koeldrank asook ’n inkleurprentjie en ’n koekiedrukker vir die speelklei.

Die verjaardagman, Christiaan, het ewe ’n safarihoed gedra. Sy uitrusting was ook gepas vir die spesiale tema.

Christiaan nefie Paul du Toit speel te lekker op die grasperk.

Christiaan kyk waarmee nefie De Villiers Dippenaar hom besig hou.

Angelique het blare en letters uit kartonpapier geknip en tou daardeur geryg om ’n fokuspunt te skep. Dit het bo die koektafel gehang.

Elke maatjie het een van hierdie botteltjies met speelklei daarin present gekry. Angelique het ’n oulike speelkleiresep op Pinterest gevind en het groen voedselkleursel daarby gevoeg sodat dit by die safari-tema en kleurskema pas. Pa MJ het die deksels en diertjies goud gespuitverf en daarna het Angelique die diertjies op die deksels vasgeplak.

Makrolletjies vir die ouer gaste. Die servette met swart strepe en groen blare daarop het perfek by die tema en kleurskema gepas. Daar was wyn vir elke smaak.

Die peuselhappies was iets vir die boeke en is deur Peaches & Cream behartig. Daar was van spinasietertjies tot ’n heerlike kaas-vrugte-neute-en-kouevleis-bord.

Die kolwyntjies is deur Angelique se suster, Yolandi Dippenaar, gebak. Angelique het diertjies uitgeknip en tandestokkies daaraan vasgeplak om te sorg dat die kolwyntjies interessant lyk.