Jy het nodig

  • blikkie of blikkoffertjie
  • materiaal
  • gehekelde waslap/stukkie lap
  • klein kussing of wattemateriaal
  • poppie


Maak so

1. Plaas die kussinkie of wattemateriaal onderin die blikkie.

2. Knip die materiaal om vir die pop ’n kopkussing te maak. Jy kan sommer die materiaal saamstik of vasplak.

3. Doen dieselfde met nog ’n stuk materiaal om ’n kombersie te vorm.

4. Vou die waslap of stukkie lap aan die voetenent van die bedjie vir die “beddegoed”.

5. Maak die blikkie toe en pak dit op uitstappies saam met die poppie in sodat jou kind iets het om mee te speel