book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Praat saam: Inboks

akkreditasie
Baba & Kleuter briewe
Baba & Kleuter briewe

Dit bly ’n misterie en wonder dat soveel geslaglyne ’n invloed het op die pragtige kleindogter wat hierdie lentemaand vir ons gebore is. Sy is reeds ’n unieke mensie, al wil ons almal so graag iets van onsself in haar sien. Ons wens haar liefde in oormaat toe en dat sy in ’n ontspanne omgewing grootword wat haar sal toelaat om haar beste self te wees.

Daar is vandag soveel moderne hulpmiddels en bykomstighede, maar babas het nog steeds dieselfde basiese behoeftes en ons wil dit graag vir haar hê. Ons het al geleer dat die tyd vinnig verbygaan en daarom wil ons elke stadium net koester en geniet. Met ’n kleinseun in Kanada is ons so dankbaar vir ’n kleindogter wat naby is. Ons kan net vra vir wysheid om grootouers te wees wat ’n gebalanseerde en positiewe bydrae tot haar lewe sal lewer. 

Ouma Evie Van Eeden, Hermanus, Wes-Kaap

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees