book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Partytjie: Pret op die plaas

akkreditasie
Inke se partytjietema het gepas by haar eerste verjaardaggeskenk: ’n perdjie. Tafels, stoeltjies en bankies is in ’n opening in die woud gepak en alles het by die perdestaltema gepas. Die ysbakke was ou melkhouers en baaltou is tussen die bome gespan. Hierop is uitgeknipte perdjies met wasgoedpenne bo die partytjietafel vasgesteek.

Amanda Haasbroek

Inke op haar verjaardag­geskenk, Chappies.
Die pastelkleurige koek.
Elke kind het ’n houtstalletjie met ’n speelgoedperdjie en lekkergoedpakkie gekry. Dit was met ‘n roset en elke gas se naam versier.
Pa Casper en Inke.
Tussen die feestelikheid deur is Chappies opgesaal en kon die kinders kort ritte meemaak.
Ida het haar oupa se ou trofeë as bakkies en soushouertjies ingespan. Sy het haar eie ou meubels gebruik om ’n ou perdestal- en plaaseffek te skep.
Die vejaar-dagnooi en haar ma, Ida.
Ida het houtperdjies en inkleurkryte uitgesit om die ouer gaste besig te hou.
Pastelkleurige kolwyntjies is met perdgesiggies versier.
Die plaasgevoel is ook met dié glashouertjies vol souse deurgevoer.
Al die soetgoed het name gehad wat met perde verband hou.
Pragtige koekies was in die vorm van perdjies.
WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees