book-icon Uitgawe Paasfees 2018

Prettige Paastafel

akkreditasie
Foto’s: Malitza de Kock; Partytjiebeplanner: www.organizit.co.za
Foto’s: Malitza de Kock; Partytjiebeplanner: www.organizit.co.za

Doiliehorings is aan die boom gehang met heerlike lekkernye daarin.
Glasflesse is as elegante dekorstukke ingespan. Verf die flesse so: Vul elkeen met ’n halwe koppie verf. Plaas die deksel op en skud stadig sodat die verf egalig in die bottel versprei. Laat dit droog word. Plak dan maskeerband oor die dele wat jy nie met goue verf wil bedek nie. Spuit en laat staan om droog te word. Haal die maskeer band af en siedaar!
Springmielies is in oulik versierde koppies voorgesit. Lizelle het dit met ’n klein watte-stertjie versier en haasore uit wit karton geknip en opgeplak.
Kolwyntjies is met botterversiersuiker in een van die temakleure bedek. ’n Malvalekker is in die helfte geknip om haasoortjies te vorm, en mini-malvalekkers het as haasstertjies diens gedoen.
Sjokolade-eiers is met eetbare goue verf versier. Die goue kolle op die lepel pas by die goue temakleur.
Lizelle het Coke-botteltjies van glas met goue verf gespuit en dit toe ’n prettige voorkoms met ’n wit hartplakker gegee. Maak die haas-papiersakkies deur ’n reghoek uit ’n sakkie te knip. Vorm die haasgesig met ogies, ’n klein doilie en ’n klein tosseltjie wat jy by ’n kunswinkel kan koop. Die tafel is met papierborde in verskillende kleure gedek en doilies is tussen die borde geplaas.
Op soek na inspirasie vir partytjietemas? Daar’s nog baie in Lizelle de Kock se boek, Party Time (struik).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees