book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Regtig?

akkreditasie
Colene Pretorius (31) en haar twee asjasse, Dries (5) en Alta (2).
Colene Pretorius (31) en haar twee asjasse, Dries (5) en Alta (2).

Ek ontsnap van die berge wasgoed en die oorlog wat in die gang gevoer word – die kinders breek die huis vandag weer tot op sy fondamente af! Suutjies trek ek die badkamerdeur toe om ’n kort oomblik van stilte te geniet. Dis net ’n kwessie van tyd voor die kinders besef dat ek my pos verlaat het … Ek loer vinnig wat op Facebook aangaan en heel eerste sien ek ’n ou varsity-vriendin se dogtertjie het hierdie week een jaar oud geword en hulle het vir haar ’n partytjie gehou. Ag moeder, dink ek, die vrou het nog altyd goeie idees gehad. My kreatiwiteit op my dogtertjie se eerste verjaarsdag verlede jaar het tot ’n cupcake met ’n kers in gestrek. Dis reg ja, ’n kers. Die soort waarmee jou oupa en oupa sou opsit. Ek het nooit besef hier is nie verjaarsdagkersies in die huis is nie. Ek maak die vriendin se foto’s oop. Is dit nou die regte skakel? Dit lyk dan soos ’n troue? Regtig? Daar is tafelversierings, koeke, kolwyntjies, fotograwe, tafelplasings en blomme! Ek besef nie eens dat daar nie verjaardagkersies in my huis is nie en jy kry ’n koördineerder vir jou kind se eerste verjaardag? My versiersuiker word pap, ek gooi gelatien by en flop die hele storie só erg dat my hond dit nie eens wil eet nie, en hier op die foto’s pryk ’n drielaag-koek. Te mooi vir woorde! Each to his own, natuurlik, maar REGTIG, wie kry dit reg? Duidelik nie ek nie. Volgende storie. Ek kan nie glo ek mors my kosbare twee minute van betreklike stilte hierop nie! Ek voel nou sommer skaam oor my onbekwaamheid. Aaa, iemand het ’n skakel gedeel met oulike kos vir kinders. Die kinders word moeg vir visvingers en kapokaartappels … Wat is dié? Dis oulik, piesangs gedoop in sjokolade, met ’n oulike gesiggie daarop geteken. Dit lyk soos ’n pikkewyn! En plaatkoekies met aarbeiskyfies reg rondom gepak, en ’n gesiggie gemaak van wat soos piesangs en sjokolade lyk. Dis oulik, my kinders sal mal daaroor wees! Maar regtig? Wie het tyd om nou die aarbeie so te loop sny? En dan te pak? En dan gesiggies daarop teken? Teen die tyd dat ek die tweede aarbei optel, het die kinders al lankal die eerste een verorber. Ai, die kinders van my is alewig so gretig om in die kombuis te help. Ek kan al sien hoe óf ek óf een van hulle, óf al drie van ons beseer word terwyl hulle help aarbeie sny. Ek sien al hoe ek hulle eers probeer keer, en dan toegee en hulle laat probeer. Elkeen natuurlik met sy eie snybord en mes, want anders baklei hulle. Kort voor lank is alles taai en halfpad gehap en geproe en gelek. Aarbeie op die tafel, vloer en in hul skoene. Dis skottelgoed, wasgoed, vloere mop en hare was. Wie kan dit uithou? Ek moet amper ’n kalmeerpilletjie drink. Wag, wag nou, dis nog net ’n gedagte! Wie dink sulke idilliese goed uit? Nog meer, wie doen dit regtig? Kom nou, in die regte lewe? Mammaaaaaaa! Die stilte is verby. Ek word teruggeruk na die regte lewe, met aandete wat nog gemaak moet word. Kom ons probeer iets wat werk. Regtig werk. Dit is waaroor dit alles gaan. Regte goed, want so graag soos ons almal ons drome wil droom en herinneringe op Facebook wil deel van 10 jaar gelede toe ons nog maer was, moet ons die werklikeheid in die gesig staar: Die kinders moet kos kry. Regte kos. Voedsame kos. Maar ook kos wat pret is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees