book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Rusdag vir ma

akkreditasie
Willemine met Anli (5), Christine (3) en Anton (1).
Willemine met Anli (5), Christine (3) en Anton (1).

As ek een dag net vir myself het, sal ek die kinders by my ouers in Pretoria los. Ek weet hulle sal gesonde kos, hope stories, baie drukkies en minder raas kry. Ek sukkel soms om dinge in te pas. Ek dink ek sal miskien eers op die prioriteite fokus waar ek my afskeep. Ek sal vroegoggend ’n afspraak by ’n optometris of dieetkundige nakom. Daarna sal ek ’n lekker tydskrif koop en alleen in Woolworths se koffiewinkel gaan sit om koffie te drink en ontbyt te eet. Dan sal ek na my gunsteling-salon gaan en ’n pedikuur en gesigbehandeling kry. Ek sal gou by Le Creuset inhardloop om vir my vriendin ’n geskenk te koop, waarna ek twee van my vriendinne by ‘n Griekse restaurant sal ontmoet vir ’n kuiermiddagete om ’n bottel lekker rooiwyn. Daarna sal ek huis toe gaan, regmaak en saam met my man Evita gaan kyk. Wat ’n heerlike dagdroom was dit nie! Ek wens.

Ek is eerlikwaar mal oor my huis en smag dikwels na onverstoorde alleentyd in my nessie. Dus sal ek verseker tuis bly en slaap en in vrede na hartelus TV kyk! Of ek sal ’n hele reeks op my rekenaar in my bed kyk – dit klink selfs beter! Survivor, ja! Ek sal waarskynlik my sus vra om na hulle te kyk en daar’s ook ’n beste vriendin wat ek kan vra – maar ek sal hulle nooit vra net sodat ek ’n dag tuis kan deurbring nie!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees