(Hierdie artikel was eerste gepubliseer in Baba en Kleuter , Jan 2015) 

Jy het nodig: 

  • Kweekgrassaad
  • Deklaag of grond
  • ’n Tuinmaakskinkbord met dreineergate
  • Handdoekpapier
  • Eierdoppe
  • Leë eierboksies
  • Leë jogurtbakkies
  • Herwinde blikkies
  • Pypskoonmakers
  • Gekleurde papier
  • Doiliepapier 

Hoe om kweekgras te kweek: 

1. Week die kweekgrassaad oornag in water.

2. Sprei die deklaag of grond in die tuinmaakskinkbord oop en maak dit nat.

3. Dreineer die saad en versprei dit dig oor die deklaag of grond, sodat daar min of selfs geen spasie tussen die saadjies is nie.

4. Bedek dit met ’n enkellaag handdoekpapier en sprinkel elke dag liggies water oor totdat die spruite ongeveer 3 cm hoog is. Hou dit weg van direkte sonlig.

5. Verwyder die handdoekpapier wanneer die saailinge begin opkom en plaas dan die skinkbord in gedeeltelike sonlig.

6. Maak dit elke dag nat met een koppie water. Hou die grond klam, maar moet dit nie deurweek nie.

7. Oes die kweekgras ná 7–10 dae wanneer dit omtrent 10 cm hoog is. Gebruik in gesonde drankies/sappe. 

Hoe om kweekgras in eierdoppe, jogurtbakkies en blikkies te kweek: 

1. Skep die eier uit die doppe en spoel die doppe uit. Jy kan die eiers eers kook en dan die eier uitskep, of jy kan ’n klein prikkie met ’nnaald aan albei punte van die eier maak en die eiergeel en -wit uitblaas. 

2. Gebruik ’n skerp mes of naald en maak versigtig ’n klein gaatjie onderaan die dop waardeur die wortels kan groei.

3. Plaas die eierdoppe in eierboksies of eierkelkies om dit regop te hou.

4. Plaas die deklaag of grond in die eierdoppe en plant die saadjies soos vroeër verduidelik.

5. Om kweekgras in jogurtbakkies en blikkies te kweek, volg bloot die stappe op die vorige bladsy of kweek kweekgras in ’n skinkbord
en plant dit oor in die houers.