Slim sokkies

akkreditasie
Speelgoed hoef glad nie duur te wees nie. Kyk hoe kan jy jou baba vermaak met 'n selfgemaakte tekstuursokkie.

Benodigdhede

  • ’n Lang sokkie of ’n hele paar sykouse
  • ’n Stuk opgefrommelde papier
  • ’n Opgefrommelde plastieksak
  • Tou of wol
  • ’n Hand vol ou knope
  • ’n Flessie groot blinkertjies
  • Rys of bone

Gaan só te werk

1. Stop die punt van die sokkie of sykous met een van die items hierbo. Maak ’n knoop of bind dit styf toe met tou of wol.
2. Stop dan ’n volgende item in die sokkie en bind dit af.
3. Gaan so voort tot jy bolletjies van verskillende teksture het.
4. Maak seker dat jy met die sykous ’n paar lae gebruik sodat jou baba nie daardeur kan byt nie.
5. Jou baba sal dit geniet om te voel en te vat aan die sokkie, wat verskillende klanke sal maak afhangende van wat binne-in is.

Moet jou baba nooit alleen met die sokkie laat speel nie, of in die motor daarmee laat speel nie, want daar is ’n verstikkingsgevaar as dit sou breek. Hou jou baba altyd in sig.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees