Die konfetti-verjaar­dagkoek was ’n heerlike sjokoladekoek met kersiekonfyt tussen die koeklae.
Elbé bewonder die skulp op haar konfetti-verjaardagkoek.
Dis detail soos dié reuse-vier wat Elbé se verjaardagpartytjie besonders gemaak het.
Dié skulp-verjaardagpakkies het te fraai gelyk en was met springmielies gevul. Bernice het dit self geprakseer.
Elbé het haar partytjie afgesluit deur geskenke oop te maak. Daarna het die al die gaste saam gebraai.
Die partytjietafel het baie aanloklik gelyk. Bernice het ’n goeie balans probeer hou met nie te veel soetgoed nie en het gesorg dat daar hope gesonde versnaperings was.
Die tafel is in ’n seetema gedek, met borde en eetgerei wat Bernice gekoop het by Party Camel Dubai, ’n aanlynwinkel in Doebai.
Bernice se vriendin Louisa Shell, wat sy by Elbé se skool ontmoet het, het al die kolwyntjies, pragtig versierde koekies en die verjaardagkoek gebak. Bernice het die meeste van die partytjieversierings by ’n aanlynwinkel met die naam Meri-Meri gekoop.

WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooie­­vaars­partytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za