Kreatiwiteit is belangriker as ooit. Kreatiwiteitsontwikkeling help nie net met die ontwikkeling van verstandelike, sosiale en emosionele vaardighede nie, maar jy vergroot ook jou kinders se vermoë om probleme te analiseer en op te los.

Die gebruik van byvoorbeeld 'n verfkwas help met fyn motoriese ontwikkeling. Deur vorms en kleure te tel word die basiese boublokke van wiskundige ontwikkel. Eksperimentering met verskillende materiale en hoe dit voel en reageer is 'n inleiding tot die wetenskap en wanneer kinders iets kreatiefs maak waaroor hulle goed voel en op trots is, is dit goed vir hul selfbeeld.

Dit is belangrik om ons kinders meer bloot te stel aan kreatiewe vaardighede en dit is wat gelei het tot die ontwikkeling en ontstaan van die Pip & Plop kreatiwiteitsbokse. In die bokse word daar gefokus op verskillende kreatiewe dissiplines en dit het elke maand 'n nuwe storieboek, aktiwiteitsboek, kunsvlyt, inkleurboek asook 'n instruksie DVD om jou kind deur spel en kreatiwiteit te leer. Dis gepas vir ouderdomme 3 tot 6.

Elke boks beloop R299 en word maandeliks gestuur.

Vir meer besonderhede, besoek www.pipplop.co.za of epos info@pipplop.co.za

Wen!

Ons gee vier intekeninge van 3 maande elk weg, en elke intekening R897 werd!

Voltooi die vorm om in te skryf: