Gebruik Dexpan vir verligting van luieruitslag en brandboudjies

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf

Die onbeskryflike genot om jou baba se oomblikke van ontwikkeling, die leer van nuwe vaardighede en aanpassing in die wêreld te beleef kan maklik versuur word met knaende brandboudjies en luieruitslag. Die oomblik van geboorte is die begin van ouers se begeerte om hul kindjie gesond en gelukkig te hou. Die omruil van doeke en afvee  van boudjies is die laagste op die lys van noodsaaklhede maar dit is 'n feit dat baie tyd daaraan bestee gaan word. Berei jou dus voor en verhoed brandboudjies en luieruitslag met die aankoop van Dexpan Baby Bum Cream.

‘n Baba se vel is uiters sensitief en luieruitslag kan nie altyd voorkom word nie.1

 Dexpan Baby Bum Cream verhoed natheid en hou die baba se boudjies sag en bevogtig.2

In die eerste lewensjaar spring min babas brandboudjies en luieruitslag vry. Die tekens sluit n rooi uitslag en 'n opgeswelde velletjie en knoppies3 op die boudjies in. Dexpan Baby Bum Cream se strelended bestanddele help om ontsteking and irritasie te bekamp.2

Luieruitslag of brandboudjies word veroorsaak deur te lang blootstelling aan nat of vuil doeke en hoe gereeld doekruilings gedoen word.2 Dexpan Baby Bum Cream was spesifiek saamgestel om droë of beskadigde3 babavelletjies te behandel. Die kombinasie van drie aktiewe bestanddele, dexpanthenol, allantoin en shea botter, bevoder genesing, vernuwing en die bevogtiging van die vel.2 Dexpan Baby Bum Cream is strelend en baie effektief in die beskerming en genesing van luieruitslag. Baby Bum Cream is ‘n olie-in-water emulsie wat maklik absorbeerbaar is en geen oorskot los nie.4 Wend ‘n dun lagie Dexpan Baby Bum Cream aan om jou baba se vel te beskerm en die uitslag te behandel.2

Dexpan Baby Bum Cream kan aangewend word om jou baba se vel te beskem, te streel en te hernu.2 Dit help ook vir droë vel en die behandeling van beskadigde vel as gevolg van blootstelling aan koue en wind.2 Dexpan Baby Bum Cream is effektief vir die bevogtiging van die vel, behandeling van ontsteking van die vel in kinders en vir gekraakte tepels2 van moeders wat borsvoed.

Vir meer raad oor hoe om van luieruitslag ontslae te raak, klik hier

Dr. Reddy’s Laboratories (Pty) Ltd. Reg. No.: 2002/014163/07. Tel: +27 11 324 2100 www.drreddys.co.zaReference: 1. Healthline. How to Spot and Take Care of Your Baby’s Rash. Available at: https://www.healthline.com/health/how-_to-_spot-_and-_take-_care-_of-_your-_babys-_rash.[Accessed 27/01/2021]. 2. Dexpan Baby Bum Cream Leaflet 3. Healthline. 11 Best Diaper Rash Creams. Available at: https://www.healthline.com/health/childrens-_health/best-_diaper-_rash-_creams. [Accessed 27/01/2021]. 4. Internal DataZA/02/2021-2023/Dexpan/018


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees