Is jou baba hardlywig?

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Tot drie uit tien babas ly aan hardlywigheid. Gelukkig bied Reuterina ’n eenvoudige uitkomkans.

Babas is hardlywig as hulle minder as drie stoelgange per week het. Dis ’n kwaal wat groot spanning by ouers veroorsaak, maar is taamlik algemeen: Drie uit tien babas ly daaraan. Tekens en simptome kom veral in die eerste lewensjaar voor, en bereik ’n piek wanneer die peuter met toiletafrigting begin, gewoonlik tussen 2 en 4 jaar. 

Wat veroorsaak hardlywigheid?

’n Gebrekkige inname van ruvesel is lank as die grootste oorsaak van hardlywigheid beskou,1b hoewel simptome dikwels by babas begin wanneer hulle formulemelk of vaste kos begin inneem.2b

Waarskuwingstekens by kinders: As die stoelgang hard is of pynlik is om te passeer, kan die kind die slegte gewoonte ontwikkel om dit te probeer inhou, wat kan bydra tot hardlywigheid.1c

“Stoelgang” is jou “nommer twee” (emoji)

Beheer hardlywigheid

Jy moet verskillende strategieë gebruik om dit te beheer, soos ’n toename in vloeistof, ’n toename in vesel (vanaf 6 maande oud), medikasie soos lakseermiddels, en meer onlangs, ’n inname van probiotika.1d-g,2c 

Reuterina™
Reuterina™

Fokus op Flora

Ingewandsflora word deesdae as noodsaaklik beskou vir ’n gesonde ingewande.2c,d

Probiotika kan help met die beheer van hardlywigheid omdat dit die wanbalans in die ingewande kan herstel, wat die beweging van die kos deur die ingewande kan aanhelp.2c,d,3a

Die wetenskap agter Reuterina™

In ’n studie oor die voordele van probiotika by babas met chroniese hardlywigheid het aanvullings van druppels Reuterina™ ’n positiewe effek op stoelgange gehad.2h,i Met slegs 5 druppels per dag oor ’n tydperk van 4 weke, het babas wat met Reuterina™ behandel is, 100% verligting van hardlywigheid ervaar.2e,f,l

Geen nadelige effekte is by babas waargeneem nie.2g

Reuterina™ is maklik om te gebruik

Dien druppels Reuterina™ in 3 maklike stappe toe:3b

Reuterina™

Slegs 5 druppels per dag of soos voorgeskryf deur gesondheidsorgwerkers.3b

Probiotika bied ’n eenvoudige benadering tot die behandeling van hardlywigheid by babas en kleuters.2j,k Vir meer inligting oor die bestuur van hardlywigheid by babas of kleuters, kontak asseblief jou professionele gesondheidsorgwerker.

Moontlik gemaak deur Ascendis Health en Reuterina, the Probiotic for Life.

Verwysings: 1. Xinias I, Mavroudi A. Constipation in Childhood. An update on evaluation and management. Hippokratia 2015;19(1):11-19. 2. Coccorullo P, et al. Lactobacillus reuteri (DSM 17938) in infants with Functional Chronic Constipation: A Double-Blind, Randomised, Placebo-controlled study. The Journal of Paediatrics 2010;157(4):598-602. 3. Reuterina™ Drops Approved Package Insert, August 2009.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees