6-9 maande maaltyd

akkreditasie
Deur jou kind aan nuwe smake bloot te stel, keer jy dat fiemies later kopuitsteek.

Gemmer kombineer heerlik met wortel en is boonop bekend daarvoor dat dit omgekrapte magies streel.

Patat-en-bonedis

Jy benodig:

  • 1 groot soetpatat, geskil en in blokkies gesny
  • 1 groot wortel, geskil en in blokkies gesny
  • 2,5ml (½ t) vars gerasperde gemmer
  • 60ml (¼ k) wit bone uit 'n blikkie, gedreineer
  • 'n knippie neutmuskaat

Maak so:

  1. Stoom die patat en wortel tot heeltemal sag.
  2. Of plaas die patat en wortel in 'n kastrol met 'n bietjie water en prut vir 15 minute of tot sag.
  3. Voeg gemmer, boontjies en neutmuskaat by en druk fyn met 'n vurk.
  4. Gebruik soveel van die puree soos nodig vir jou baba se behoefte en vries die res.

Piesangdriehoekies

Jy benodig:

  • 1 ryp piesang, geskil
  • 100ml bors- of formulemelk
  • 'n knippie gemaalde kaneel
  • druppeltjie vanielje-ekstrak of geursel
  • 4 skywe bruinbrood in driehoekies of vingertjies gesny
  • tikkie botter vir braai

Maak so:

  1. Sit al die bestanddele, behalwe die brood, in 'n voedselverwerker en meng goed.
  2. Doop die brood in die mengsel en braai oor matige hitte in die botte tot goudbruin.

SUPERWENK!

Twee dae oue brood werk die beste want vars brood is te sag en breek uitmekaar.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees