6-9 maande maaltyd

akkreditasie
Stimuleer jou baba om nuwe teksture en smake te geniet met hierdie geurige resepte.

Dit is 'n ysterryke dis vir 'n tyd wanneer baba se behoefte aan yster besonder groot is. 

Hoenderlewer-en-appelkoos

Bestanddele:

  • 6 sagte gedroogde appelkose (Turkse)
  • 2 hoenderlewertjies
  • 2 murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • 5ml pietersielie
  • 60ml gaar bruinrys
  • 5-10ml olyfolie

Maak so:

  1. Bedek die appelkose met warm water en week dit terwyl jy werk.
  2. Stoom die lewertjies en murgpampoentjie tot gaar.
  3. Dreineer appelkose.
  4. Kap pietersielie en rys fyn met 'n stokmenger.
  5. Voeg die lewertjies, murpampoentjies, appelkose en olyfolie by en verwerk tot fyn.

Botterskorsie-en-preikapok

Bestanddele:

  • 1 prei, gekap
  • 180g botterskorsie, afgeskil en in klein blokkies gesny.
  • 3 groot blommetjies blomkool
  • Geurmiddels vir 1 porsie
  • 'n knippie gemengde speserye
  • 2,5ml olyfolie
  • 2,5ml koringkiem

Maak so:

  1. Stoom die prei en botterskorsie tot heeltemal sag.
  2. Stoom die blomkool tot al dente.
  3. Verwerk die prei en helfte van die botterskorsie met die stokmenger tot fyn.
  4. Druk die orige botterskorsie met 'n vurk fyn, maar los 'n paar klonte.
  5. Verkrummel die blomkool. Meng alles.

Variasie

Vervand die blomkool met broccoli. 'n Bietjie gerasperde kaas kan by 'n volgende porsie bygeroer word.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees