9-12 maande maaltyd

akkreditasie
Bied vingerkos aan sodat jou baba kan oefen om te kou en ook sodat hy kan begin leer om onafhanklik te eet. Dis morsig, maar nodig vir sy gesonde ontwikkeling.  

Plaatkoekies met ertjiesous

Plaatkoekies:

Bestanddele:

  • ½ x 410 g-blik suikermielies
  • 2 sprietuitjies
  • 1 eier
  • 15ml suiker
  • 90ml koekmeelblom
  • canola olie vir braai

Maak so:

  1. Meng die suikermielies en sprietuie saam met die stonmenger tot die mielies fyner is.
  2. Voeg die eier en suiker by en verwerk weer tot gemeng.
  3. Voeg die meel by en meng deur.
  4. Verhit die olie in 'n braaipan en skep eetlepelsvol van die beslag in die pan.
  5. Braai plaatkoekies aan albei kante tot gaar.

Doopsous:

Bestanddele:

  • 60ml ertjies, gaar
  • 60ml suurroom
  • 2,5-5ml matige keriepoeier

Maak so:

  1. Verwerk alles saam tot 'n sous

Sjokolade-beetkolwyntjies

Bestanddele:

  • 60ml kakaopoeier
  • 185ml koekmeel
  • 4ml bakpoeier
  • 'n knippie sout
  • 185ml strooisuiker
  • 140ml canola-olie
  • 5ml vanieljegeursel
  • 2 groot eiers, geklits
  • 125ml gaar beet, fyn gemaak
  • 30ml okker- of pekanneute, fyn gekap
  • versiersuiker

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas kolwyntjiepapiertjies  in 'n 12-holte kolwyntjiepan.
  3. Sif die kakao, meel, bakpoeier en sout saam.
  4. Meng die suiker by.
  5. Roer die res van die bestanddele by en meng deeglik.
  6. Skep die beslag in die papiertjies en bak sowat 15-20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
  7. Laat afkoel en versier met 'n bietjie versiersuiker.

SUPERWENK!

Kolwyntjies vries baie goed en ontdooi vinnig. Bak in grootmaat en vries; dan het jy sommer 'n vinnige versnapering byderhand.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees