Aarbeiklapperys

akkreditasie
Jana Lubbe
Hier is die resep vir heerlike aarbeiklapperys ('n oulike idee vir jou kleinding se partytjie!)

Jy benodig:

- 1 blik (385 g) kondensmelk
- 500 g versiersuiker, gesif
- 400 g fyn klapper
- 5 ml (1 t) aarbeigeursel
- pienk voedselkleursel

So maak jy:

Meng al die bestanddele behalwe die voedselkleursel saam. Deel die mengsel in die helfte. Meng ’n druppel pienk voedselkleursel in die een helfte. Druk die wit helfte in ’n gesmeerde pan van 23 x 30 cm. Druk die pienk helfte bo-op die wit helfte. Druk vormpies uit of sny in blokkies.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees