Amandelsterretjies

akkreditasie
Lewer 24 koekies. Tradisionele Duitse kerskoekies wat glutenvry is omdat gemaalde amandel gebruik word, en geen meel nie.

Bestanddele:

  • 3 eierwitte
  • 400 ml versiersuiker
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap
  • 300 g gemaalde amandels
  • 10 ml (2 t) gemaalde kaneel
  • koekmeel vir uitrol

Maak so:

  1. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm.
  2. Klits die versiersuiker bietjie vir bietjie by tot blink en styf.
  3. Voeg die suurlemoensap by en klits weer.
  4. Hou 100 ml van die eier-en-suikermengsel eenkant.
  5. Voeg die amandels en kaneel by die res van die eiermengsel en meng goed deur.
  6. Rol die deeg in ’n bal en draai in kleefplastiek toe.
  7. Sit in die yskas vir ’n halfuur.
  8. Voorverhit die oond tot 140 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  9. Sprinkel meel op ’n gladde werkoppervlak.
  10. Rol die deeg uit tot sowat 5 mm dik.
  11. Druk sterre met ’n koekiedrukker uit en verf elke sterretjie met van die behoue eiermengsel.
  12. Plaas sterretjies op die bakplaat en bak vir sowat 25 minute of tot gaar en liggies goudbruin.
  13. Laat op afkoelrakkie afkoel.

WENK!

Doop die koekiedrukker in ’n bietjie meel as die deeg daaraan vaskleef.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees