Koek

Jy het nodig:

  • 1 vanieljie-plaatkoek
  • botterversiersel
  • koekmeelblom
  • plastiekversiersel in verskillende kleure
  1. Bak 'n plaatkoek of koop sommer 'n gebakte, onversierde plaatkoek by die tuisnywerheid.
  2. Sny die koek in ewe groot blokke.
  3. Smeer dit rondom met 'n basiese botterversiersel.
  4. Sprinkel koekmeelblom op 'n snyplank en rol die plastiekversiersel sowat 2mm uit.
  5. Versier nou die blokke met 'n ander kleur aan elke kant.
  6. Plass die blok op die plastiekversiersel neer en sny dit teen die rande af.
  7. Maak al die blokke klaar en versier dit dan verder met letters of 'n naam, of druk vormpies met 'n koekiedrukker uit.

Basiese botterversiersel

Jy het nodig:

  • 250g botter
  • 500g versiersuiker
  1. Versag die botter en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd klits.
  2. Klits tot dit lig en romerig is.