Basiese muffinmengsel

akkreditasie
*** Unpublished because moms complained that recipe isn't lekker ••• Bak self vir jou kind se kosblik. Dié is 'n resep vir heilsame kosblikkos wat jou kind elke dag woema sal gee.

Dié muffindeeg kan ’n maand in die yskas gehou word. Maak dit dus aan en bak elke week vars muffins, elke keer met ’n ander geur (sien onder).

Die muffins is propvol vesel. Vesel kan kolonkanker, diabetes en hartsiektes help voorkom. Die growwe tekstuur moedig ook mond- en spraakontwikkeling aan. Deur appels, piesangs, hawermout en semels, wat uitstekende bronne van oplosbare vesel is, by die muffinmengsel te voeg, verlaag jy die glisemiese indeks van die kos sodat energie stadiger vrygestel word en langer hou.

Onthou dat kinders wat baie vesel inkry, ook genoeg water moet drink.

Jy het nodig

  • 8 eiers
  • 500 ml (2 k) sonneblomolie
  • 640 ml (2½ k + 1 e) semels
  • 2,5 kg volkoringmeel
  • ±1,5 L melk
  • 725 ml (2¾ k + 3 e) sagte bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) sout

Maak so:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n muffinpan met kolwyntjiepapiertjies uit.
2. Klop die eiers en olie saam tot goed gemeng.
3. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.
4. Skep die mengsel in die bereide muffinpannetjie tot driekwart vol.
5. Bak 15 tot 20 minute (afhangende van die grootte) tot ’n toetspen skoon uitkom.
6. Laat afkoel op ’n draadrak.

Variasie:

Skep 500 ml (2 k) van die mengsel uit en geur dit met:
1.  2 klein gerasperde appels, of
2.  3 fyngerasperde wortels, of
3.  2 fyngedrukte piesangs.

Die resep maak 48 Muffins

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees