Bessie-en-jogurt-suigysies

akkreditasie
Lewer 4-6 suigysies

Bestanddele

  • 250ml bessiesap
  • 250ml gladde jogurt

Metode:

  1. Meng die sap en jogurt deeglik saam.
  2. Giet in ysievormpies en vries oornag.
  3. Om uit te haal, laat loop warm water vir 'n paar sekondes oor die vormpie voor jy die ysie versigtig loswikkel.
  4. Silikoonvormpies is maklik om te gebruik, want die ysies kom maklik los.

Variasie

Gebruik appelsap of enige ander sapkombinasie waarvan jou kinders hou.

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees