Bief vir baba

akkreditasie

Bestandele

  • 500g beesvleis in blokkies gesny
  • 1 selderystingel
  • 3 medium wortels
  • 2 medium aartappels

Metode:

  1. Laat prut die beesvleisblokkies in 'n kastrol met ongeveer 'n koppie water vir 45 minute.
  2. Kap intussen die seldery, wortel en aartappel in stukkies.
  3. Voeg die groente by die beesvleis en prut vir nog 35 minute.
  4. Voeg nog water by indien nodig.
  5. Verwyder van die hitte.
  6. Sit die beesvleis in jou voedselverwerker en verwerk tot heeltemal glad.
  7. Voeg van die kookwater by om puree te maak.
  8. Maak die groente met 'n vurk fyn en voeg by die beesvleispuree.
  9. Sit vir jou baba 'n porsie voor en vries die res in porsies.

WENK!

Moenie bang wees om die bredie met 'n klein bietjie speserye te geur nie. 'n Knippie neutmuskaat of gemmer kan die gereg vir baba opkikker. Voeg dit by die vleis voor dit in die voedselverwerker fyngemaak word.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees