Blitsvinnige boonpuree

akkreditasie
Lewer sowat 250ml puree.

Jy het nodig:

  • 1 x 410 g-blik witbone, cannellini of botterbone, gedreineer en afgespoel
  • 10ml olyfolie
  • 30ml water

Maak so:

  1. Plaas die bestanddele in jou voedselverwerker en verwerk tot glad.
  2. Gee vir jou baba 'n porsie om te eet en vries die res. 

NOTAS

Hierdie resep is geskik vir babas van omtrent 7 maande af. Namate jou baba ouer word, kan jy meer tekstuur in die gereg laat, of dit slefs op broodvingertjies smeer en as vingerkos aanbied. Bone is uitstekende babakos. Spoel dit net goed af sodat jou baba nie te veel sout inkry nie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees