Eerste kos vir baba

akkreditasie

As jy jou baba se eerste puree wil verdun tot 'n loperige konsistensie, gebruik gefiltreerde water, afgekoelde kookwater of borsmelk. Moenie mineraalwatergebruik nie.

Aartappel-en-ertjiekapok

Bestanddele:

  • 150g aartappels
  • 80ml water
  • 60ml bevrore ertjies
  • 'n knippie neutmuskaat (opsioneel)

Maak so:

  1. Skil die aartappels en sny in blokkies.
  2. Plaas met die water in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
  3. Verlaag die hitte en prut vir 15 minute of tot sag.
  4. Bedek intussen die ertjies met kookwater.
  5. Dreineer en voeg by die aartappels.
  6. Druk die groente met 'n vurk fyn en voeg 'n bietjie olyfolie of water om 'n sagte tekstuur te kry.
  7. Geur met neutmuskaat.

Skorsie en perske

Bestanddele:

  • 2 skorsies, gehalveer
  • 50ml water
  • 1-2 ryp perskes, ontpit en in stukkies gesny of 125ml geblikte perskeskywe in vrugtesap

Maak so:

  1. Plaas die skorsies en water in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
  2. Verlaag die hitte en prut 15 minute of tot sag.
  3. Haal skorsies uit en skep pitte uit.
  4. Skep die vleis uit die skille en verpulp met die perskes.
  5. Vieg 'n bietjie olyfolie of vrugtesap by om die regte tekstuur te kry.

SUPERWENK!

As jou baba haar eerste happie vaste kos uitspoeg, los haar vir 'n paar dae en probeer weer. Was jou hande mooi skoon en laat haar 'n bietjie puree van jou vinger af suig. Soms aanvaar babas die kossie makliker so as van 'n lepeltjie.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees