Eier-en-broodblokkies

akkreditasie
Lewer 1 porsie. 'n Voedsame (en morsige!) vingerontbyt.

Bestanddele:

  • 1 hardgekookte eier
  • 1 sny bruinbrood, liggies gebotter en in blokkies gesny.

Maak so:

  1. As julle tyd het, wys jou kind hoe om die eier af te dop.
  2. Julle kan ook 'n prentjie teken op die eier voordat julle dit afdop.
  3. Laat jou kind self die eier in blokkies sny met 'n oulike eiersnyer.
  4. Sit die broodblokkies in 'n bakkie en laat sy die eier en brood saam men en dan met 'n vurkie of lepel, of haar vingers, eet.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees