Falafelburgers

akkreditasie
Lewer 6-8 burgers.

Bestanddele:

  • 1 x 410 g-blik kekertjies, gedreineer
  • ½ klein ui, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
  • 10ml gekapte Italiaanse pietersielie
  • 5ml fyn koljander
  • 5ml gemaalde komyn
  • 5ml gemaalde kaneel
  • 30ml koekmeel
  • olyfolie vir braai
  • 6-8 klein pitas of volgraan broodrolletjies
  • slaaiblare
  • 2 tamaties, in skyfies gesny
  • uie-spruite
  • ongegeurde jogurt of suurroom

Maak so:

  1. Kap die kekertjies, ui, knoffel, kruie en speserye, asook die meel fyn in 'n voedselverwerker.
  2. Vorm die mengsel in 6-8 burgers.
  3. Verhit 'n bietjie olie oor matige hitte in 'n braaipan.
  4. Braai die falafels aan albei kante tot goudbruin.
  5. Sit voor in die pitas of broodrolletjies, saam met slaaiblare, tamatie, spruite en 'n blopsie jogurt of suurroom.

VARIASIE

As jy nie al die speserye het nie, vervang met 10ml aangemaakte mosterd.

WENK!

Om die burgers glutenvry te maak, vervang die meel met glutenvrye meel en sit sonder die broodlrolletjie voor.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees