Gekrummelde hoenderrepies

akkreditasie
Lewer 4 porsies.

Bestanddele:

  • 200ml karringmelk
  • 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
  • sap van ½ suurlemoen
  • 4 hoenderborsfilette, in lang repies gesny
  • 60ml olyfolie
  • 125ml fyngerasperde Parmesaan- of Cheddarkaas
  • 1-2,5ml rooipeper (opsioneel)
  • 1-2,5ml paprika
  • 10ml gedroogde gemengde kruie

Maak so:

  1. Meng die karringmelk, knoffel en suurlemoensap en marineer die hoender daarin die yskas vir ten minste 'n halfuur.

Krummels:

  1. Meng die semels, koringkiem, kaas en geurmiddels en sit in 'n plat bord.
  2. Vee die marinade met jou vingers van die hoenderrepies.
  3. Doop repies in die hawermengsel en skud enige oortollige krummels af.
  4. Verhit olie in 'n braaipan oor matige hitte.
  5. Braai die hoender aan albei kante tot goudbruin en gaar.

WENK!

Die hoenderrepies kan ook in die oond gebak word. Voorverhit die oond tot 180°C en voer 'n bakplaat met bakpapier. Smeer met olyfolie en bak vir 15 minute. Draai die repies om en bak vir nog 5 minute.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees