Gestaal om te groei

akkreditasie

Lamsvleispuree

Lewer sowat 300ml puree

  • 1 lamskenkel of stowevleis, vet afgesny net genoeg water om vleis in te kook.
  1. Laat prut die skenkel in water tot die vleis sag is.
  2. Verwyder al die vleis van die been en behou die vloeistof.
  3. Plaas vleis en van die water in die voedselverwerker en maak fyn.
  4. Voeg nog van die water waarin die skenkel gekook is by om 'n gladde puree te maak.

Pastapuree

Lewer sowat 500-650ml puree

  • 250ml (1 k) skroefnoedels
  • water om noedels in te kook
  • 5ml (1 t) olyfolie
  1. Kook die noedels in die water tot gaar.
  2. Dreineer, maar behou die water.
  3. Plaas die paste in die voedselverwerker en voeg 'n bietjie water en olyfolie by om 'n gladd puree te vorm.
  4. Moenie sout byvoeg nie.
  5. Meng nog water en 'n bietjie ekstra olyfolie by tot die puree glad genoeg is.

Groen babapuree

Lewer sowat 400ml puree

  • 500ml (2 k) blomkool, in stukke gebreek
  • 2 murgpampoentjies, grof gekap
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap
  • 60ml (4 e) water
  1. Stoom die blomkool tot gaar.
  2. Verwerk die rou murgpampeontjies en suurlemoensap saam tot glad.
  3. Voeg die blomkool en water by en puree tot glad.
  4. Gee vir jou baba 'n porsie en vries die res.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees