Gevulde eiers & Biltongbroodjies

akkreditasie

Gevulde eiers

Jy het nodig:

  • water
  • sout
  • 12 eiers
  • sowat 1/3 k mayonnaise (besluit self afhangende van smaak)
  • peper
  • pietersielie
  1. Bring 'n diep kastrol met water en sout tot kookpunt.
  2. Plaas die eiers een vir een met 'n lepel daarin.
  3. Kook 10-12 minute.
  4. Laat afkoel en verwyder die doppe.
  5. Sny die eiers in die breedte deur.
  6. Verwyder die eiergeel, plaas dit in 'n aparte bakkie en druk fyn.
  7. Meng met die mayonnaise, sout en peper en plaas dit in 'n versiersak.
  8. Spuit 'n bietjie mengsel in elke eierwit en sprinkel gekapte pietersielie daaroor.

WENK!

Roer die water aanvanklik elke nou en dan sodat die eiergeel in die middel van die wit set.

Biltongbroodjies

Jy het nodig:

  • 1 brood
  • 1 houertjie maaskaas
  • 250g fyn gemaalde biltong
  1. Sny die korsies van die brood af en deel dit in 6 ewe groot reghoeke.
  2. Sny elke reghoek in dikkerige blokkies.
  3. Smeer elke broodblokkie reg rondom met maaskaas.
  4. Druk dit binne-in die biltong sodat dit reg rondom 'n lekker dik lagie het.
  5. Druk 'n peuselstokkie in en sit voor.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees