Hoender-en-broccoli-gebak

akkreditasie
Lewer 4 porsies.

Bestanddele:

  • 3 hoenderborsfilette
  • 250ml water
  • 30ml olyfolie
  • ½ ui, fyn gekap
  • 10 knopiesampioene, gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 5ml gemengde kruie
  • 45ml koekmeel
  • 125ml volroommelk
  • 125ml hoenderaftreksel
  • 125ml Cheddarkaas
  • 5ml Dijonmosterd
  • 'n knippie sout
  • 150g broccoli, gestoom en in stukkies gesny
  • 500ml elmboogpasta, gekook
  • 1 sny se bruinbroodkrummels
  • 60ml Parmesaankaas, gerasper

Maak so:

  1. Plaas die hoender en die water in ’n kastrol.
  2. Bring tot kookpunt, prut dan vir 3 minute.
  3. Behou die water.
  4. Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer 4 individuele oondvaste bakkies.
  5. Soteer die olie, ui, sampioene, knoffel en kruie vir 4 minute.
  6. Roer die meel by. Voeg die melk geleidelik by en roer aanhoudend.
  7. Roer die aftreksel en behoue water by. Kook totdat die mengsel verdik.
  8. Roer die Cheddarkaas en mosterd by.
  9. Geur met sout.
  10. Sny die hoender in blokkies.
  11. Verwyder die sous van die hitte en roer die hoender, broccoli en pasta by.
  12. Meng die broodkrummels en Parmesaan en sprinkel oor.
  13. Bak vir 15 minute.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees