Hoender-en-pynappel-sosaties

akkreditasie
Lewer ongeveer 40 klein sosaties. Onthou, heuning is nie geskik vir babas onder een jaar nie.

Bestanddele:

  • 40 klein hout sosatiestokkies
  • 4 vellose hoenderborsfi lette
  • 250 g klein knopiesampioene, afgevee en gehalveer
  • 30 ml (2 e) canola-olie
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • 15 ml (1 e) heuning
  • 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 250 g swoerdlose repies streepspek

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Week die sosatiestokkies vir ’n paar minute in water.
  3. Sny die hoenderfi lette in happie-grootte stukkies.
  4. Meng die olie, suurlemoensap en heuning en meng met die hoender.
  5. Sny elke repie spek middeldeur en vou elke stukkie om ’n sampioenhelfte.
  6. Ryg ’n blokkie pynappel, dan ’n stukkie hoender, dan die sampioen-in-spek, weer ’n stuk hoender en weer ’n stuk pynappel op ’n sosatiestokkie.
  7. Herhaal totdat al die bestanddele gebruik is.
  8. Pak die sosaties op ’n oondpan en bak vir sowat 20 minute tot die hoender en spek gaar is.

VARIASIE

Vervang die sampioene met pruimedante, en vervang die pynappel met vars appelkoos. Ryg blokkies haloumikaas saam met die ander bestanddele op die sosatiestokkie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees