Jogurtjellie en vla

akkreditasie
Lewer 6-8 porsies (jellies).

Jellie

Jy het nodig:

  • 1 pakkie framboosjellie
  • 250ml volvet- Griekse jogurt

Maak so:

  1. Berei die jellie volgens die aanwysings op die pakkie, maar gebruik net die warm water (250ml).
  2. Laat afkoel, maar nie heeltemal stol nie.
  3. Roer die jogurt be die jellie.
  4. Giet in 6 liggies gesmeerde 125ml-vormpies of 8 kleiner vormpies. Verkoel in die yskas tot gestol.
  5. Keer die jellie uit op 'n bord en sit voor saam met die vla.

Vla

Jy het nodig:

  • 310ml melk
  • 310ml room
  • 6 eiergele
  • 60ml strooisuiker
  • 15ml mielieblom
  • 5ml vanieljegeursel

Maak so:

  1. Verhit die melk en roomoor lae hitte in 'n middelslag-kastrol met 'n dik boom tot net kookpunt.
  2. Klits die eiergele, suiker en mielieblom saam in 'n hittebestande mengbak tot dik en blink. Voeg die warm melkmengsel geleidelik by en klits teen 'n lae spoed tot goed gemeng.
  3. zgiet die vlamengsel terug in 'n skoon kastrol. Verhit oor lae hitte tot die vla begin verdik, sowat 4 minute, maar roer deurentyd. Roer die vanielje by. Verwyder van die hitte en sit warm of koud voor.

WENK!

Eierwitte vries baie goed. Hou dit in gedagte wanneer jy die eier skei.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees