Kaas-en-ertjie-omelet

akkreditasie
Geoeg vir 4 mense.

Bestanddele:

  • 1 murgpampoentjie
  • 5 groot eiers
  • 10ml botter
  • 50g bevrore ertjies, met kookwater afgespoel
  • 30ml gerasperde cheddarkaas
  • 5ml gerasperde parmesaankaas

Maak so:

  1. Was die murgpampoentjie goed en sy met 'n aartappelskiller papierdun sirkeltjies.
  2. Breek die eiers in 'n bak en klits goed.
  3. Smelt die botter in 'n pan oor lae hitte.
  4. Voeg die eiers by.
  5. Wanneer die eier van onder af feitlik gestol het, kan jy die ertjies en murgpampoentjie oorsprinkel.
  6. Sprinkel die kaas oor.
  7. Sodra die eier gestol is, is die omelet gereed.
  8. Lig die een kant van die omelet versigtig met 'n eierspaan op en vou dit oor die vulsel.
  9. Laat dit uit die pan gly en sny in kwarte.

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees