Kook vir baba

akkreditasie

Piesangpannekoek

  • Maak pannekoekdeeg aan volgens jou gewone resep.
  • Sny die piesang in dun skyfies en voeg by die deeg voor jy dit in die pan skep en bak.
  • Sny in stukkies.

Vrugteslaai

  • Kook 'n halwe pak skulpienoedels tot gaar.
  • Meng een groot piesang (in ringetjies gesny), 'n snytjie spanspek (in blokkies gesny) en sowat 2 eetlepels koringkiem in 'n mengbak.
  • Giet sowat 125ml natuurlike jogurt oor en meng.
  • Plaas 'n uur in die yskas en sit voor.

Kaneelappel

  • Skil een of twee Golden Deliciousappels.
  • Ontpit en sny in dun skyfies.
  • Plaas dit in 'n plastieksak en sprinkel 'n bietjie kaneel oor.
  • Skud die sak sodat die kaneel eweredig oor al die skyfies versprei word.
  • Plaas dit in 'n glasbak met 'n deksel en mikrogolf 3 minute op hoog tot sag.
  • Laat 5 minute staan. Sit koud voor.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees